Jeandré & Shanri
21 November, 2025

Jeandré Eygelaar

&

Shanri Nortje

Gaan binnekort trou!

Ons word een:

2025/11/21 16:00:00

Ons Ontmoeting

Ons paaie het op 5 Januarie 2023 in Grootbrakrivier gekruis, toe Shanri as kelner gewerk het by ’n waffle house. Jeandré het op die stoep gesit, en vir Shanri was dit liefde op die eerste oogopslag – sy het dadelik gedink: “Dis die mooiste man wat ek nog gesien het.” Jeandré het verlief geraak op die sagte manier hoe sy gepraat het met sy ma. ’n Paar dae later het hy haar opgespoor op Instagram en gesels begin met die woorde: “Daai Piña Colada was heerlik, dankie.”

Op 12 Januarie het ons eerste afspraak plaasgevind – ’n dag vol lag, avontuur en selfs ’n bietjie drama toe Dash, ons geliefde hondjie, amper verlore geraak het onder die sitplek van die bakkie. Van daardie dag af het ons elke oomblik saam geniet – van lang stappies op die strand en diep gesprekke tot laatnagkuier op die strand onder die maan.

Binne ’n paar dae het ons al geweet: ons het ons persoon gevind. Selfs toe die 3-ure-langafstand ons daagliks toets, het ons liefde net sterker geword. In 2024 het die Here die pad oopgemaak dat ons saam in Durbanville kon wees – net 10 minute van mekaar af.

Op 21 April 2025, bo-op ’n koppie naby Montagu, het Jeandré se hart vinniger geklop as ooit. Hy het die kamera opgestel soos altyd op avonture, maar hierdie keer was daar ’n spesiale rede: hy het gevra, en sy het “ja” gesê.

Nou begin ons die mooiste hoofstuk van ons storie – saam as man en vrou, met die Here as ons Vaste Rots en Fondasie.

Boek die Datum!

21.11.2025

Wanneer & Waar

Seremonie & Onthaal

Kronenburg Estate – Malmesbury Rd, Paarl, 7624

15:40 – Gaste neem plekke in
16:00 – Seremonie begin

Aanwysings

Google Maps

Parkeer op die perseel se groot parkeerterrein en beweeg af na die grasperk agter die onthaalsaal.

Kleredrag: Troupalet en Semi-formeel

Ons sal graag wil hê ons gaste moet ooreenstem met ons troupalet vir ‘n pragtige, samehangende gevoel, dus sal ons waardeer dat jul kleredrag ooreenstem met dié kleure. Ons vra vriendelik dat baie helder kleure vermy word. Dankie vir die samewerking om ons dag ekstra mooi te maak.
PAARL WEATHER

Weervoorspelling

Let wel: Hiérdie is die huidige weervoorspelling vir die volgende week. Loer gerus weer nader aan die troudatum hiérna.

Kom vier hierdie spesiale dag saam met ons!

#EwigEygeLiefde

Inligting

Tot hoe laat gaan die partytjie wees?

• 23:15 – Laaste rondtes

• 23:30 – Musiek stop en pak die nodige op

• 24:00 – Venue alarm aan

Kan ek ’n 'plus one' bring?

• Ongelukkig nie. Elke gas wat genooi word kry hul eie uitnodigings ‘link’.

Is daar ’n geskenkregister of voorkeur vir geskenke?

Ons sal kontantdonasies baie waardeer. Daar sal ‘n koeverteboks by die troue wees.
Alternatiewelik kan die volgende bankbesonderhede gebruik word:
JHJ Eygelaar
ABSA
Cheque account
4075535808
Takkode: 632005
Verwysing: EwigEygeLiefde